Tuesday, March 24, 2009

hello

'n stil bek is 'n heel bek - of hoe?

dit lyk asof "isabel" uiteindelik gepubliseer gaan word - moes 'n rewrite doen wat nogal interessant uitgedraai het. uiteindelik weet ons hoekom al die karakters so fucked up is.....

Thursday, August 14, 2008

miskien...

miskien is hy dood?

Monday, August 11, 2008

magiese ruimte

Luister:

Nog ‘n magiese ruimte: In by die elektriese hek, om die gebou – onder die geelvink-se-boom verby en ‘n entjie later Absalom-se-bos – dan by die hekkie in, op met die trappe en trek jou skoene uit voor jy uiteindelik die heiligdom betree.

Visse in die groot akwarium. Teelvloer. Min gordyne. Potpourri. Allerhande klein kakkies op die rak langs die voordeur. Houtmodelletjies (vis, chinese junk, arend-op-aarbol) in kaal vensterbanke. Windchimes. Reekse twee tot tien van die Simpsons. Vooruitbeplande maaltye in die yskas, pasta en groente en vleis. Tattoeërink.

‘n Kamer wat eintlik ‘n shrine is, ‘n gebed of versugting vir die dogter wat nooit gaan terugkom nie. ‘n Ander kamer met Oosterse goetertjies, vir die seun wat ook lankal uit die huis is: getroud, ‘n vader, verward.

‘n Kamer met ‘n groot ou bed, gekurfde kopertralies aan koppenent en by die voete. Stemme in die nag – maar in hierdie namiddag is dit stil. Snuisterye op die bedkassies, herinneringe, liefde en verlies.

‘n Aand op die balkon/stoep, kerslig en lasagna. Meestal verlies.

Sunday, August 03, 2008

Friday, August 01, 2008

terugkeer

Ek moet my fokken kop laat lees.

Tuesday, July 01, 2008

onthou

Hoekom onthou my lyf jou nog?

Wednesday, June 18, 2008

lewe nog

Ja, die lewe gaan aan. Tussen werk en gym en depressie is daar seker nie veel tyd vir ander dinge nie, of hoe? Maar ek is okay.
Intussen stuur ek nog "check the moon" sms'e vir N, en kry darem 'n reaksie. Ek hou baie meer van die sogenaamde verhouding noudat ek nie meer IN 'n verhouding met hom is nie. Baie makliker om sommer net my oë te rol of weg te kyk as hy weer in 'n rigting indonner. Ek hoef nie aandagtig te luister nie. Ek hoef nie te maak asof ek belangstel nie. Ek hoef nie anxious te raak as hy (weereens) laat opdaag vir 'n koffiedate nie. En dit was goed om Jonathan weer te sien.
Hmm. Korea. Dit begin soos 'n definitiewe opsie lyk, maar nie binne die volgende jaar of twee nie. N sê hy is jaloers op my: omdat ek kan gaan, as ek wil. Daar is niks wat my hier hou nie.
En dis waar. Ek is 'n vrye agent, ek kan kom of gaan soos ek wil en niemand sal my nou juis mis as ek weg is nie. En ek is nog jonk - time is on my side.